<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Koeëls reën op geldwa neer

 
News : 06 Dec 2015 319 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Die polisie het ’n soektog na sowat tien verdagtes van stapel gestuur na hulle betrokkenheid by ’n transitorooftog op ’n G4S geldwa op die pad tussen Mokopane en Roedtan Maandagoggend.
Verdagtes in ’n wit BMW en wit bakkie het volgens konstabel Irene Masingi, woordvoerder van die Mokopane polisie, Maandag met vuurwapens op die geldwa losgebrand en dit tot stilstand gedwing.
Die verdagtes se pogings om die geldwa se kluis op te blaas en by die kontant wat binne-in was uit te kom het egter misluk, het konst. Masingi gesê.
Die rowers het toe met sowat R60 000 in munte (wat in sakke verpak was) asook ’n vuurwapen van een van die sekuriteitsbeamptes op die vlug geslaan.
Die twee ontsnappingsvoertuie is later sowat 6km vanaf die toneel verlate langs die pad gevind. Die twee sekuriteitsbeamptes het geringe beserings opgedoen.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube