-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE – Neels Vermaak is woedend. Hy bly op ’n kleinhoewe wat op die plaas Oorlogsfontein ingedeel is en is keelvol vir sukkel met die munisipale elektriese kragtoevoer.
“As die wind waai of dit reën dan gaan ons krag sommer af,” het hy aan Noordelike Nuus gesê. “Die afgelope maand is dit amper daagliks en elke naweek – soms is die krag sonder waarskuwing af van 03:00–09:00 – wie gaan betaal as my yskaste en ander toe-stelle breek?”
Volgens die Mogalakwena Munisipaliteit se elektrie-se dienste bestuurder, Johan Fourie, is daar probleme op die Pruizen lyn wat ‘n klein gedeelte van die plaas Oorlogsfontien insluit, waar Vermaak bly, en sê hy dat hulle besig is om daaraan aandag te gee.
Marcelle Maritz, die VF Plus se Limpopo hooforganiseerder, het bevestig dat hierdie area, sowel as die Percy Fyfe kleinhoewes al ‘n geruime tyd probleme met die kragtoevoer ondervind. “Ons skakel gereeld die munisipaliteit wanneer daar onderbrekings is en ek word oorval met inwoners wat antwoorde wil hê,” het sy gesê.
Verdere navrae en boodskappe aan Malesela Selokela, kommunikasiebestuurder van die Mogalakwena Munisipaliteit rakende die spesifieke probleem, was onbeantwoord teen druktyd.
0 Comments