-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MAASSTROOM – Vir die Kruger-familie in dié gebied het verlede Sondagmiddag in ’n nagmerrie ontaard toe Derek Kruger sy ma, Elma Kruger (74), se liggaam buite die huis aangetref het. Alles dui daarop dat sy deur die honde op die plaas aangeval en doodgebyt is.
Geen tekens kon gevind word dat enige iemand die erf betree het nie en geen tekens van enige kriminele aktiwiteite kon gevind word nie.
Volgens Netwerk24 is dit onduidelik wat presies die honde se aanval veroorsaak het. Luidens die berig het Kruger juis sy ses honde op die erf gehou wanneer sy ouers daar is omdat hulle waaksaam is. Die honde was Mev. Kruger gewoond.
Die honde is na wat berig word verskeie rasse en kruisings, onder meer ’n labrador, Staffordshire-terriër en ook ’n foksterriër.
Mev. Kruger was alleen by die huis tydens die voorval. Kruger en sy pa het glo die oggend om sowat 08:00 gery en so 14:00 teruggekeer. Daar word vermoed dat die insident net nadat hulle gery het plaasgevind het.
0 Comments