-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE - Drie bestuurders van die Zebediela Sitrus Landgoed buite Mokopane is op R20 000 borgtog elk vrygelaat nadat hulle verlde week gearresteer is op aanklagte van bedrog oor sitrus wat nie goedgekeur is vir die Europese mark nie, maar wel in besendings daarheen opgeindig het.
Rod Ford, Rob Shaw en Gabriël Scholtz het Donderdag en Vrydag in die Mokopane landdroshof verskyn waar hul borgaansoeke aangehoor is. In ‘n verklaring wat aan die hof voorgehou is blyk dit dat daar al ‘n gerui-me tyd tweespalt heers tussen die bestuurspan en die Bjatladi gemeenskap aan wie die staat staat die Zebediela Sitrus Landgoed in 2003 toegeken het.
In die verklaring verduidelik die drie dat daar oor vanjaar se oestyd druk op die pakhuis ontstaan het toe die Bjatladi gemeen-skap die boerdery probeer oorneem het. Hulle het al in 2013 ‘n aansoek voor die hof gebring om uit hul ooreenkoms met hul strategiese vennote wat die boerdery bestuur te kom. Die boerdery word deur verskeie partye in vennootskap met die gemeenskap en die werkers onder die faandel van Zebediela Sitrus Bpk. bedryf.
Die Bjatladi gemeenskap se aansoek is egter uit die hof gegooi en vir mediasie verwys, maar die mediasie ooreenkoms is nooit in werking gestel nie. Toe die Bjatladi’s die boerdery in Mei probeer oorneem, het die bestuur van Zebediela Sitrus ‘n hofbevel verkry wat hulle verbied om met die bedrywighede van die sitrusboerdery in te meng.
Die Bjatladi’s was egter nie tevrede nie en het ‘n klag van bedrog teen die bestuurders aanhandig gemaak op grond van bewerings dat sitrus wat nie aan uitvoervoorwaardes voldoen nie tussen die sitrus beland het wat vir die Europese mark bestem is.
Met die lees van Shaw se verklaring tydens hul borgaansoek het sy regsverteenwoordiger, Anita Campbell Vrydag gesê die beskuldigdes ontken nie dat sitrus vermeng geraak het nie, maar sy het dit duidelik gemaak dat dit nie hul intensie was nie en dat dit nie met opset gebeur het nie.
As gevolg van die beleg in Meimaand het daar agterstande met die oes van die sitrus ontstaan. Twee van die blokke wat goedgekeur is vir uitvoer na Europa moes in daardie stadium geoes en gepak word, maar omdat van die ander blokke se sitrus toe al amper oorryp was, het die bestuur ingestem dat dit gelyktydig gepluk kan word mits die versekering gegee word dat die Europeses sitrus nie met die ander blokke se sitrus gemeng sal raak nie.
“My kliente het dit eers teengestaan, maar nadat 'n pakhuis-ko-ordineerder aangevoer het dat hy naspeurbaarheid en deursigtigheid kan waarborg het hulle ingestem,” het Campbell in die hof gesê.
Ingevolge Suid-Afrika se handels-ooreekoms met die Europese Unie moet sitrus wat na Europa uitgevoer word aan streng vereistes voldoen om te verseker dat geen swartvlek (‘n swam wat die blare en skille van sitrusvrugte affekteer) die Europese Unie opeindig nie. In terme van hierdie handelsooreenkoms het die departement net twee blokke of produksie-eenhede van Zebediela Sitrus vir uitvoer na Europa goedgekeur. Ander blokke se vrugte is vir ander uitvoerbestemmings en die plaaslike mark geoogmerk.
Die hof moet nou bepaal of die beskuldigdes met opset probeer het om die handelsooreenkoms te omseil. In hul verklarings wys die beskuldigdes egter daarop dat hulle nie eens al die vrugte uit die goedgekeurde produksie blokke uitgevoer het nie, daar was vir hulle geen voordeel in om vrugte uit ander blokke moedswillig Europa toe te stuur nie.
Die drie moet weer op 14 Maart in die hof verskyn.
0 Comments