<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Geliefde oogkundige sterf

 
News : 08 Jan 2016 310 Viewed By Martie Le Grange 0

LEPHALALE – Na ‘n lang stryd teen kanker is ‘n geliefde inwoner van die dorp, Hendrick Kock, Maandagoggend oorlede.
Gerda Fox, wat agt jaar vir Kock gewerk het (hy het as oogkundige gepraktiseer), sê dat hy ‘n fenomenale mens was wat altyd ‘n grappie gehad het om enige iemand enige dag op te kikker. “Ek het nie woorde om te beskryf hoe hartseer ek is om totsiens te sê aan so ‘n mooi mens wat altyd gestraal het nie,” het ‘n bewoë Fox gesê.
“Al wat ek kan sê is dat ek baie lief is vir my pa," het Kock se dogter, Nadia, baie hartseer gesê. Die leemte wat Kock laat was duidelik in Nadia se weemoed.
Kock was ‘n jare lange inwoner van Lephalale wat tot verlede jaar Augustus nog gepraktiseer het. “Hy het ‘n unieke manier gehad om altyd sy pasiënte gemaklik te laat voel en te kon laat glimlag,” onthou Fox.
Kock word Saterdagoggend 10:00 vanuit die Hervormde Kerk in Lephalale begrawe.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube