<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Bemarking is haar passie

 

Noordelike Nuus se nuwe bemarker in Mokopane, Lezandre Enslin.

News : 21 Jan 2016 56 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Lezandré Enslin is die nuwe bemarkingskonsultant wat Januarie by die Noordelike Nuus-span in Mokopane aangesluit het.
Lezandré, wat voorheen by MGM Motors se onderdele afdeling gewerk het, het ’n passie vir bemarking en sê sy is opgewonde om die nuwe jaar aan te pak. Sy het reeds besigheid verhoudinge met kliënte gebou en streef daarna om ondernemings in die omgewing te help bevorder deur middel van effektiewe blootstelling.
Met genoegsame ondervinding in verkope, verstaan Lezandré die verkoop proses en dra sy besigheidseienaars se belange op die hart. Haar borrelende persoonlikheid vergemaklik haar vermoë om verskillende tipes mense met uiteenlopende persoonlikhede te hanteer en doen sy wat nodig is om ’n wen-wen transaksie te beklink. Skakel haar gerus by 015 491 3082.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube