<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Studiehulp lê hul na aan die hart

 
News : 21 Jan 2016 48 Viewed By Press Release 0

MOKOPANE - Helpende Hand Potgieters-rus is trots op hulle heel eerste student vir wie hulle vanjaar die nuutgevonde Mokopane Nood Forum Studiefonds kon toeken. Christel van Eeden, ‘n derde jaar Natuur Bestuur student aan die TVET College Lephalale het hierby gebaat.
Die fonds, verduidelik Eulogia de Wet, projekbestuurder van die Mokopane Noodforum, is deel van Helpende Hand se poging om jongmense dwarsoor die land te ondersteun in hul studies en dan sodoende by te dra tot hulle toekoms.
De Wet sê bykans al die Helpende Hand takke in die streek het reeds so ’n studie-fonds gestig. “Daar is R404 000 vir 2016 toegeken aan 21 studente in Limpopo alleen,” voeg sy opgewonde by. Die Mokopane Nood Forum studiefonds is doelgerig om studente in en om die dorp te ondersteun met die studierigting van hulle keuse. De Wet en Hendriëtte Williams, voorsitter van die Helpende Hand tak, doen ’n beroep op voornemende ondersteuners vir 2017 wat wil uitreik na studente om met hulle in verbinding te tree. Williams kan gekontak word by 084 836 0005 en Eulogia de Wet kan gekontak word by 015 491 2506.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube