-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE – ‘n Sakevrou se droom is bewaarheid toe sy hierdie week haar eerste voorbeelde vir Sedibeng Gekombineerde Skool se naaldwerk en kreatiewe sentrum kon bekendstel.
“Partners for Possibility, ‘n nie-winsgewende organisasie, het my verlede jaar gekontak om betrokke te raak by die opheffing van skole in die Lephalale-omgewing,” vertel Karen Stadler, ‘n bemarking en bedryf-sielkundige, wat Sedibeng se sakevennoot geword het.
Volgens Stadler het sy die skool, wat gespesialiseerde onderwys vir kinders met ‘n verskeidenheid gestremdhede aanbied, besoek en was dadelik gretig om betrokke te raak.
“Ek wil die kinders basiese sakekennis leer sodat hul die vaardighede wat in die naaldwerk en handwerk klasse aangebied word kan gebruik om eendag ‘n inkomste te verdien.”
Stadler het verskeie organisasies en privaatpersone genader om skenkings vir die skool te bekom. “Ek het papier by Paper World in Pretoria gekry en het ook met Maretha van Wyk, ‘n mode ontwerper in Lepha-lale, kontak gemaak om te help met die naaldwerkklasse.”
Stadler se groot droom is om hierdie jaar tydens die Bosveldfees ‘n stalletjie met Sedibeng se handewerk te hê. “Enigiemand in Lephalale wat dalk ‘n vry uur of twee het, en ‘n handwerk klasse kan aanbied, is welkom om by die skool aan te sluit tussen 11:00 en 13:00 elke weeksdag.”
0 Comments