-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE – Die Big Six Supermark in Nelson Mandela Rylaan is Maandagoggend etlike duisende rande se skade aangerig nadat ’n brand ontstaan het wat vermoedelik deur ’n elektriese kortsluiting veroorsaak is.
Volgens ’n noodwerker op die toneel het die brand net na 5:00 ontstaan. Die vlamme het ten aanskoue van omstanders binne oomblikke alles in die winkel vernietig. ’n Winkel langsaan is ook verlede jaar deur ’n brand verswelg en kort daarna is ’n nuwe brandmuur opgerig om te verhoed dat die vuur na buureiendomme versprei. Sovêr vasgestel kon word is geen ander winkels deur die brand geaffekteer nie en niemand is in die voorval beseer nie.
Die brand is binne sowat 40 minute in deur brandweermanne in bedwang gebring.
0 Comments