<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Bome verwyder en parke skoongemaak

 
News : 21 Jan 2016 126 Viewed By Press Release 0

MOKOPANE – Reeds voor Kersfees verlede jaar het daar verskeie bome omgeval in Wyk 31 wat veroorsaak het dat toegang tot huise versper is. In dieselfde gebied is daar ook ‘n openbare park waar bougainvilleas wild en onbeheersd groei. Johan van Wyk en Lydia van der Merwe van Front Nasionaal in Limpopo het besluit om self in te klim en te help om bome op te sny, vuilgoed in die park op te rum en weg te ry. Dit is nadat die bejaarde inwoners op eie koste begin het om die park op te ruim imdat daar na bewering  klagtes by die Mogalakwena munisipaliteit ingedien is en by die DA, wat die wyk verteenwoordig, oor die situasie. Op die foto is Lydia en Johan besig om takke en boomstompe op te laai om weg te ry in Elandstraat.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube