-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE – Die opsigter van die Potgietersrus Stoeiklub, Manie van Staden sê riool stoot reeds vir langer as ’n week uit ’n mangat reg agter die stoeiklub op. Hy sê munisipale werkers het ’n week gelede die riool mangat agter die klub se deksel verwyder en ’n sloot langs dit gegrawe. Die riool het in die sloot gevloei en die deksel is glo net so eenkant gelos. “Ons stoeiers oefen hier en behalwe dat die stank onuithoudbaar is, is dit ’n gesondheidsrisiko,” sê Van Staden. Marcelle Maritz, hooforganiseerder van die Vryheidsfront Plus het met die munisipaliteit gekorrespondeer en ’n amptenaar het onderneem om op te tree. Die riool het glo opgestoot vanaf die ou TPA behuising en het ’n blokkasie by die stoeiklub veroorsaak. Teen druktyd is geen reaksie van die munisipaliteit ontvang nie. - Martie Le Grange
0 Comments