<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Plakker maak hom weer tuis onder brug

 
News : 01 Feb 2016 85 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – ’n Onwettige plakker het homself weer “tuisgemaak” onder die brug by die industriële gebied in Pretoriusstraat. Dit is blykbaar dieselfde man wat die gemeenskap en wetstoepassers in 2013 die josie in gehad het oor sy plakkery op dieselfde plek.
Hy is, na verneem word, ’n Swazi immigrant wat ’n bedreiging inhou vir die bejaarde inwoners van Soetdoring woonstelle en die natuurskoon. Hy het in die verlede onder meer waardevolle ou bome vernietig, groente geplant en deur middel van handgeverfde bordjies toegang tot sy gemaksone verbied.
Na vele pogings is hy suksesvol met behulp van ’n hofbevel verwyder en hy is selfs tronkstraf opgelê.
Marcelle Maritz van die VF Plus is verlede week deur ’n inwoner van Soetdoring woonstelle wat teenaan die brug geleë is ingelig dat 'n plakker weer onder die brug opgemerk is. Maritz het met behulp van Die Valke Buurtwag ondersoek ingestel en bevestig die plakker is wel onder die brug doenig.
“Ons doen weer alles in ons vermoë om die oortreder te verwyder. Hy is ’n bedreiging vir die gemeenskap se veiligheid want hy tree gewelddadig op, veral wanneer hy gekonfronteer word,” sê Maritz.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube