<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Toegesluit oor optelgoed

 
News : 01 Feb 2016 393 Viewed By Amanda Basson 0

LEPHALALE – Een van die twee Suid-Afrikaners wat glo in Tanzanië gearresteer is vir besit van een seekoei- en vier krokodil tande is baie verlig om terug op sy plaas net buite Lephalale te wees.
Tuffy Reyneke (60) en sy vriend, Dawie Marais (60) het vroeg in November verlede jaar in die Selous-reservaat in Tanzanië gaan jag toe hul veldwagter vir Reyneke ‘n seekoei tand en vir Marais vier krokodiltande gegee het. “Ek het glad nie gedink dat daar iets daarmee verkeerd is nie aangesien ek gesien het dat dieselfde tipe tande op straat te koop is in die vorm van halssnoere en ander toeriste snuisterye,” het Reyneke Maandag-oggend oor die telefoon aan Noordelike Nuus gesê.
Dit was Reyneke se eerste besoek aan dié land en Marais, wie verbonde is aan die bestuur by die Universiteit van Pretoria, was al verskeie kere daar.
Toe Reyneke en Marais probeer om die land te verlaat het die doeanebeamptes op die seekoeitand afgekom. Marais het daarna self sy krokodiltande uitgehaal en aan hulle gewys.
Albei mans is aanvanklik weens die onwettige besit van staatskatte, smokkelary en georganiseerde misdaad aangekla.
Die vonnis vir hierdie klagtes sou 20 jaar tronkstraf sonder die keuse van ‘n boete behels. “Ons is na die tronk in Dar es Salaam vervoer waar die omstandighede haglik was. Selfs noodsaaklikhede soos kos en ‘n matras het ‘n prys gehad,” sê Reyneke. Die mans is saam met Somaliese seerowers, moordenaars en ander geharde misdadigers aangehou.
Marais en Reyneke moes R520 000 aan boetes opdok vir die paar tande. Die allemintige bedrag het hulle bymekaar-geskraap met die hulp van vriende wat in Tanzanië woon. “Ek is ongelooflik bly om weer by my mense te wees en sal beslis nie weer Tanzanië toe gaan nie,” vertel hierdie boer wat eindelik weer op sy plaas is.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube