<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Bid vir oplossing

 

Dawie Spies, ’n motiveringspreker en geestelike leier van Manne van die Woord saam met Lukie Steenkamp, wat die byeenkoms gereël het, en Heinz Winckler.

 

News : 01 Feb 2016 187 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – “Elke waterdruppel is in God se hand. Begin bid en raak deel van die oplossing.”
Dit was die woorde van Dawie Spies, ’n motiveringspreker en geestelike leier van Manne van die Woord, ’n gebed- en ondersteuningsgroep wat verlede week saam met Heinz Winckler en die boeregemeenskap by ’n interkerklike byeenkoms gebid het vir reën. Laerskool Krugerpark se skoolsaal het boere, Christene en selfs die beroemde rugbyspeler Bakkies Botha geakkommodeer vir die byeenkoms waar daar in alle erns in gebed getree is vir die hemel se krane om die droogte te verlig. Heinz Winckler het vanaf Somerset-Wes gereis om vrywillig as gaskunstenaar by die byeenkoms op te tree.  Hy het, soos Spies' ook ’n blywende indruk gelaat deur sy geestelike insae te lewer.  Op die foto is: Dawie Spies, ’n motiveringspreker en geestelike leier van Manne van die Woord saam met Lukie Steenkamp, wat die byeenkoms gereël het, en Heinz Winckler. 
- Deur Martie Le Grange.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube