-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE – Die beskuldigde in die tref-en-trap-voorval waarin André van den Bergh (29) in 2014 dood is, se hofsaak is verlede Donderdag in die Mokopane Landdroshof na 30 Maart uitgestel.
Die verdagte, ‘n man in sy veertigs, is in Junie 2014 in hegtenis geneem nadat hy na bewering Van den Bergh voor dié se huis in Geyserstraat raakgery het. Die man is sedert die voorval op borgtog uit en het verlede Donderdag vlugtig in die hof verskyn. Die verdagte staan tereg op aanklagte van strafbare manslag, nalatige en roekelose bestuur en bestuur sonder ’n rybewys. Die saak is weer uitgestel en daar word gewag vir die patoloog wat die oorledene se lykskouing uitgevoer het om as getuie in die hof te getuig.
Die saak het in 2014 opslae gemaak nadat ’n reaksie bestuurder van SOS Sekuriteit gesê het dat hulle die aand van 7 Junie 2014 gesien het hoe ’n Isuzu dubbelkajuit bakkie vanuit Ruiterweg in Geysterstraat indraai en na bewering ’n voetganger (wat later as Van den Bergh geïdentifiseer is) raakgery het en weggejaag het. Die getuie het die bakkie agterna gesit en tot stilstand ge-
dwing. Die beskuldigde is toe glo terug na die ongelukstoneel geneem. Die beskuldigde sou na verwagting en volgens ‘n polisie woordvoerder met sy onlangse verskyning gepleit het maar dit het egter nie gerealiseer.
0 Comments