-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE – ‘n Grypdief het verlede Donderdag sy rieme lelik styfgeloop toe hy danksy die blitsige optrede van Emile Honiball en Lezandré Enslin vasgetrek is.
Emile, ‘n bekende prokureur in die dorp, was besig met ’n sakevergadering by Die Honiball teetuin, terwyl Lezandré, Noordelike Nuus se advertensie bemarker, daar koffie gedrink het. ’n Benoude gil buite in Hoogestraat het Honiball se aandag getrek – dit was René Freeman wat geskree het dat ’n man haar handsak gegryp het.
Lezandré het dadelik opgespring en haar motorsleutels gegryp en saam met Emile die skelm agterna gesit in haar motor.
Die man het in Pick ’n Pay se rigting gehardloop het.
Langs die pad het Emile PJP Sekuriteit gekry. Saam het hulle die man gevang waar hy oor ‘n muur van ’n woning in Krugerstraat gespring het en agter ’n plant weggekruip het.
Rene se handsak is teruggevind, met haar beursie, asook ’n spesiale hangertjie wat sentimentele waarde gehad het. Die verdagte is na die Mokopane polisie geneem deur PJP Sekuriteit, terwyl René se handsak aan haar terugbesorg is – haar kontant is egter skoonveld.
René het almal bedank wat haar tot hulp gesnel het, veral vir Emile vir sy vinnige
optrede en die dame, ene Sophie, wat haar rekenaarsak opgetel het en terugbesorg het.
0 Comments