<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Twee vas oor renosterstropery

 
News : 12 Feb 2016 182 Viewed By Amanda Basson 0

STEENBOKPAN – Twee mans is verlede naweek gearresteer nadat hul vermoedelik oppad was om renosters te stroop op ‘n plaas in die Steenbokpan-omgewing.
Volgens adjudant offisier Jurg van Heerden van die Lephalale polisie het spoorsnyers op die plaas omstreeks 08:00 Saterdagoggend die vermeende stropers se voetspore gevind. “Die plaaswerkers het gebel toe hul sien dat die mans gewapen is en verskeie rolspelers onder andere Heritage Protection Group (HPG) het daar opgedaag.”
HPG het ‘n helikopter gereël om te help met die soektog en die verdagtes is aangekeer. “Dit wil voorkom asof daar twee verdagtes weggekom het. Ons het die spore gevolg tot by die teerpad naby die plaas waar ons vermoed dat ‘n voertuig hulle opgelaai het,” sê Van Heerden.
Die twee verdagtes het ‘n .375 jaggeweer met ‘n knaldemper, vier rondtes en jagmesse in hul besit gehad ten tye van die arrestasie. Hulle het Dinsdagoggend in die hof verskyn.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube