<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

“Paniekknoppie red ons lewens”

 
News : 23 Feb 2016 3149 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – “Stab, stab, stab,” is die enigste woorde wat uit die rowers se monde uitgekom het toe twee vrouens van ’n bekende sakeonderneming in die dorp verlede Donderdag oorval en beroof is.
Die betrokke sakevrou van Mokopane is vasberade die Here het haar en haar skoondogter beskerm teen drie gewapende rowers wat hulle oorval en beroof het met die doel om hulle leed aan te rig.
Die vrou wat verkies dat haar naam en die onderneming se naam nie genoem moet word nie weens veiligheidsredes, het aan Noordelike Nuus vertel sy en haar skoondogter is erg getraumatiseerd. Beide vrouens het baie laat gewerk en was op pad uit die winkel; toe twee gemaskerde mans en een ongemaskerde man hulle oorval. Hulle is met ’n vuurwapen terug in die winkel ingeforseer en een vrou is op die winkel vloer neergesmyt, terwyl 'n rower die kantoor deursoek het.
Die ander vrou is drie keer met ’n mes in die been gesteek nadat sy ’n drasak wat sy by haar gehad het styf teen haar keel gedruk het om te verhoed dat die rowers haar met die mes daar bydam. Haar aksie het gevolg nadat een van die rowers klaarblyklik aan die ander rowers met sy hand beduie het na sy keel. “Stab, stab, stab!” het een van die
rowers beveel,” sê die vrou.
“Alles het so vinnig gebeur,” sê die sake-vrou terwyl sy ook noem die roof wat sowat drie minute lank geduur het, het soos ’n ewigheid gevoel. Die volgende oomblik, vertel die sakevrou laat val ek alles uit my hande behalwe my sleutels waaraan my paniekknoppie is. Die vrou vertel sy het onmiddellik die knoppie gedruk gevolg deur die alarm wat die rowers skrik op die lyf gejaag het.
Die rowers het weggekom met die sake-vrou se pistool wat sy aanvanklik by haar gehad het maar nie in staat was om oor te haal nie.
Die vrou sê verder sy is baie beïndruk met Suricat Sekuriteit se flinke optrede en sê hulle het binne agt minute by die toneel opgedaag en was baie behulpsaam reg van die begin af. “Dit is nie toeval dat alles behalwe my paniekknoppie tydens die roof uit my hande geval het nie. Ek glo dit is die Here se toedoen,” sê die sakevrou dankbaar. Sy noem ook dat hulle na die voorval besef het hulle is eintlik met ’n “BB-geweer” aangehou wat die rowers laat val en agtergelaat het.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube