<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Is jou vuurwapen gelisensieer?

 
News : 26 Feb 2016 90 Viewed By Press Release 0

LEPHALALE – Gedurende ‘n Landelike Veiligheidsvergadering (LV) verlede Donderdag is mense aangeraai om te verseker dat hul vuurwapenlisensies in orde is.
Douw Pelser, voorsitter van die LV, het genoem dat indien iemand nie oor ‘n wettige vuurwapenlisensie beskik nie hul verplig is om die wapen in te dien.
Die polisie het in ‘n persverklaring gedateer 18 Februarie vuurwapeneienaars herinner om 90 dae voor hul lisensie verval reeds die proses vir hernuwing van die lisensie te begin. “Die rede vir hernuwing van ‘n lisensie of permit is om te verseker dat die persoon steeds voldoen aan die vereistes van die vuurwapenwet om sodoende te verseker dat effektiewe kontrole en verantwoordelike vuurwapen- en ammunisieeienaarskap plaasvind,” lui die verklaring.
Eienaars wat hul lisensie of permit wil hernu moet in besit van ‘n geldige bevoegdheidsertifikaat wees voordat hul aansoek doen vir die hernuwing. Die aansoeker moet ‘n Suid-Afrikaanse burger wees of permanent in die land woon, moet oor die ouderdom van 21 jaar wees en moet ‘n werk hê. “Voornemende applikante word aangeraai om met hul naaste polisiestasie in verbinding te tree om uitklaring te kry oor al die vereistes,” lui die verklaring verder.
Ongeag die tipe vuurwapen waarvoor aansoek gedoen word word daar van die applikant verwag om ‘n bevoegdheidsertifikaat vir die betrokke kategorie wapen te hê tesame met hul identiteit dokument, bewys van adres en dokumentêre bewys vir die kategorie vuurwapen waarvoor aansoek gedoen word.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube