<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Kanker eis geliefde inwoner

 
News : 26 Feb 2016 101 Viewed By Amanda Basson 0

MOKOPANE – ’n Geliefde inwoner en die stigter van CG Prinsloo & Seuns boukontrakteurs, Coetzee Prinsloo, is op 81-jarige ouderdom oorlede nadat hy skaars 'n maand gelede met kanker gediagnoseer is. Coetzee is Dinsdag, 22 Februarie oorlede.
Coetzee se skoondogter, Urma Prinsloo, sê haar skoonpa is 21 dae nadat hy met ’n aggressiewe longkanker gediagnoseer is, tuis waar hulle hom versorg het oorlede. “Hy het na sy diagnose daagliks swakker geraak,” sê Urma. Sy sê haar skoonpa sou Maandag sy eerste bestraling gekry het.
Coetzee se een seun, Urma se man, Rodney, is sewe jaar gelede op 47-jarige ouderdom ook aan kanker oorlede. Hy was saam met sy pa en broer, Hardus, in die boubedryf. Hardus het na sy broer se afsterwe die maatskappy oorgeneem. Hulle pa het in 2006 afgetree.
Coetzee se roudiens word Maandag 29 Februarie om 11:00 by die NG Suid gemeente in HF Verwoerdstraat gehou. Hy laat sy vrou Rina, sy seun Hardus en dogter Avril agter en hy was ’n oupa vir 8 klein- en 11 agterkleinkinders.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube