-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Suid-Afrikaanse boere en plaaswerkers het in 2015 die wreedste jaar nóg beleef met die meeste aangetekende plaasaanvalle sedert daar in 1990 begin is om aanvalle aan te teken. AfriForum en die Transvaalse Landbou-unie (TLU SA) hou die afgelope twee jaar rekord van plaasaanvalle en plaasmoorde. Die landbou-unie sê hy is die enigste geloofwaardige bron wat statistiek sedert 1990 aanbetref.
Die nasionale prioriteitskomitee van landelike veiligheid definieer ’n plaasaanval soos volg: Acts of violence against farms and smallholdings are those acts aimed at any person or persons living on, working at or visiting farms or smallholdings with the intent to either murder, rape, rob or otherwise inflict bodily harm or to intimidate.
Verlede jaar se syfers is verwerk en geverifieer om die mees akkurate weerspieëling te bied van die aard en omvang van plaasaanvalle in SA.
’n Totaal van 318 plaasaanvalle het in 2015 plaasgevind, waartydens 64 boere en werkers hul lewens verloor het.
Hoewel daar in 2010 ook 64 moorde gepleeg is, is daar sedert 2011 (waarin 48 moorde gepleeg is) weer ’n geleidelike toename in plaasmoorde.
In die 318 plaasaanvalle in 2015 was ’n totaal van 570 boere, hul gesinne, werkers en kuiergaste slagoffers. In 40 gevalle was 65 plaaswerkers direkte slagoffers. Hoewel verskeie gesinne met klein kinders en babas ook aangeval is, blyk dit dat ouer persone makliker geteiken word. Die oudste slagoffer was die 94-jarige Maggs Visser, wat in Junie saam met haar huishulp en veiligheidswag op haar plaas in die Tongaat-omgewing in KwaZulu-Natal aangeval is. Met die aan-koms van die huishulp en die wag het twee aanvallers die oggend toegang tot die huis gekry. Mev. Visser is met ’n rewolwer geslaan, en die aanvallers het geld en juwele geëis. Nadat hulle die huis geplunder het, het die aanvallers te voet met ’n sak en sleutels ge-vlug.
81% van dié aanvalle het op plase plaasgevind, en 19% op plotte en kleinhoewes. Die hoër persentasie vir plase kan aan die afgeleë geografiese aard van plase toegeskryf word, omdat dit langer neem om met hulp op die toneel op te daag, vergeleke stedelike areas. Dit kan ook daaraan toegeskryf word dat dit makliker is om op plase vir dae lank ongesiens weg te kruip en die doen en late van die plaasboere en -werkers dop te hou. Dit bied aanvallers ook die voordeel om in enige rigting te vlug om agtervolging te belemmer. Landerye, beboste areas en lang grasse bied goeie skuiling en maak dit makliker vir die aanvallers om te ontsnap. In baie aanvalle word voertuie gesteel, nie net om gesteelde goe-dere te vervoer nie, maar om ook so vinnig as moontlik van die toneel af te vlug tot waar daar 'n ander voertuig wag om die goedere oor te laai. Die voertuig word dan verlate langs die pad gelos.
Die provinsies met die meeste plaasaanvalle in 2015 is Limpopo met 20,2%, Mpumalanga met 19,3% en Vrystaat met 18%. Gauteng en KwaZulu-Natal het minder aanvalle as vorige jare gehad. Die meeste moorde tydens plaasaanvalle is in Gauteng, Limpopo en KwaZulu-Natal gepleeg.
0 Comments