<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Bokkie, ek wil jou hê!

 

Luislange is ’n beskermde spesie en Swanepoel moedig boere aan om hom te skakel by 082 336 6200 vir gratis verwydering, eerder as om hulle dood te maak. In Lephalale kan Reptile Rescue geskakel word by 072 174 6970.

News : 10 Mar 2016 527 Viewed By Helena Raats 0

MARIBASHOEK – In ’n area waar daar met eksotiese wild geboer word, kan ’n luislang vir groot skade sorg. Hierdie 3.7m luislang mannetjie is op Hannes Moulder se plaas buite Mokopane gevang nadat hy ’n jong split-roobok rammetjie gevang het verlede Donderdag. Die slang is deur slangvanger, Pieter Swanepoel, self ’n boer in die area, gevang en vrygelaat in die Blouberg Natuurreservaat. “Hierdie was nog ’n jong luislang, want volwasse luislange kan tussen vier en ses meter lank word,” sê Swanepoel. Luislange is ’n beskermde spesie en Swanepoel moedig boere aan om hom te skakel by 082 336 6200 vir gratis verwydering, eerder as om hulle dood te maak. In Lephalale kan Reptile Rescue geskakel word by 072 174 6970.

 

 

 
 

Die split rooibok wat deur die 3.7m luislang gevang is.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube