-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE – Twee mans wat in Augustus 2014 in hegtenis geneem is vir, onder meer, renosterstropery moet agt jaar elk in die tronk deurbring.
Magistraat Gerhard Pretorius van die Mokopane Streekhof het twee Mosambiekers, Joel Albert Mathebula en Julio Arone Mapute, Maandag gevonnis tot agt jaar direkte tronkstraf vir die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie.
Een van die stropers is op 3 Augustus 2014 deur ‘n groep jagters op ‘n plaas buite Mokgophong vasgetrek en deur lede van Die Spoorsnyers (’n groep reserviste wat die polisie
bystaan tydens plaasaanvalle) in
hegtenis geneem.
Die tweede verdagte is later deur boere in die omgewing opgemerk en vasgepen. Beide mans, wat glo in besit was van messe, ammunisie, ‘n 9mm pistool en 375 jaggeweer, word daarvan verdink dat hulle renosters wou stroop.
Die Spoorsnyers het hulle dank uitgespreek teenoor Liez del Frate, die staatsaanklaer van Modimolle vir haar bydrae tot renoster verwante sake.
0 Comments