<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Plaasaanvallers se saak sloer

 
News : 10 Mar 2016 94 Viewed By Martie Le Grange 0

CRECY – Die hofsaak waarin drie vermeende plaasaanvallers beskuldig word van huisroof en aanranding op die bejaarde egpaar, Nico en Annetjie Muller van die Crecy omgewing in Januarie, is weer uitgestel.
Die Bejaarde egpaar is op 10 Januarie in hulle plaashuis tussen Roedtan en Mookgophong aangerand en beroof van ‘n vuurwapen en kontant.
Boere in die omgewing, lede van Die Spoorsnyers, die polisie en ander vrywilligers het die booswigte etlike kilometer van die woning vasgetrek. 
Annetjie is kort na die voorval in die hospitaal behandel vir ernstige ribbeserings.
Die beskuldigdes, wie se name nog nie bekendgemaak kan word nie omdat hulle nog nie gepleit het nie sal na verwagting op 15 Maart weer in die Mokopane Streekhof verskyn.
Die uitstel volg nadat een van die beskuldigdes gesê het hy wil regshulp inwin. Al drie staan tereg op aanklagte van huis roof. 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube