<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Rubber koeëls en brandstigting in Mokopane

 

Foto: Korny Dekker (DA).

News : 15 Mar 2016 1053 Viewed By NoordNuus reporter 0

MOKOPANE NUUSFLITS - Brandstigting, rommelstrooi en klipgooiery het die betogings by die Mogalakwena munisipaliteit gister gekenmerk. Vanoggend (Dinsdag) is daar glo rubber koeëls gebruik om die betogers uitmekaar te jaag in Retief straat. Teen 10:00 was die betogers oppad na die verkeersdepartement, waar hulle beplan om hulle planne voort te sit.

"Ons is op die hoek van Thabo Mbeki en Nelson Mandela - dis chaos, bly weg!" het Marcelle Maritz van die Vryheidsfront Plus gewaarsku. 

Die Burgemeester, Parks Sebatjane, se huis in Taylorstraat is gister geteiken en sy hekke is oopgebreek - sy erf is vol rou riool gepomp (die betogers het rioolvoertuie in die hande gekry). 'n Raadslid se huis is volgens gerugte aan die brand gesteek.

Die protesaksie - wat hoofsaaklik gaan oor lone - in die dorp duur voort. Vermy die strate om die munisipaliteit. Daar word steeds asblikke omgegooi (ook op motors uitgegooi - vermy die area). Daar sprake dat hulle ander raadslede se wonings ook wil beskadig.

Die DA se Yolande Coetzee vra asb dat niemand hul vullis sakke moet uitsit nie en dat u die sakke verwyder van sypaadjies af indien dit reeds uitgesit is. Stoot ook u tuin rommel dromme in erwe in. Die betogers gooi alles om en daar is plekke waar hulle reeds die dromme beskadig het.

Coetzee het ook vir Rian van Heerden van Doen Dit Met Rian bedank vir sy hulp met die verstopte riool in die dorp.

Noordelike Nuus en ander media word openlik gedreig en een fotograaf is gedreig toe hulle die kamera sien. Ons hou julle op hoogte.

Daar is nog geen kommentaar van die Mogalakwena Munisipaliteit se kant af nie. Weens die staking is daar geen munisipale nooddienste tans beskikbaar in die dorp nie - indien u noodgevalle het, skakel enige van die sekuriteitsmaatskappe. S.O.S het hul dienste beskikbaar gestel by 015 004 0444.

Foto's deur Korny Dekker (sien sy Facebook-blad vir nog foto's).

 

 

 

 
 

Foto: Korny Dekker (DA).

Foto: Korny Dekker (DA).

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube