<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Kruis Krygers stap vir Jesus

 
News : 17 Mar 2016 64 Viewed By Martie Le Grange 0

LIMPOPO – ’n Span Christene van Benoni het verlede week ’n 7dae tog van sowat 300km suksesvol te voet afgelê en ’n groot kruis van Heidelberg tot by die Mighty Men konferensie (MMC) in Polokwane gedra as bewusmaking van Jesus.
Stappers wat hulle self die Kruis Krygers noem het vanaf 4-10 Maart ’n stywe afstand aangepak om mense op hulle staptog met ’n Christelike boodskap te bedien. Die groep stappers het ook gebedsversoeke ontvang wat hulle in die mobiele kruis gegooi het. Gebede is by die MMC konferensie geopper.
Op dag een het die groep by Heidelberg begin stap en van daar het hulle na Nigel, Brakpan en Benoni beweeg. Op dag twee het hulle vanaf Benoni na Kempton Park, Olifantsfontein, Irene en Centurion in Pretoria gestap. Dag drie en vier is die roete na Bela-Bela aangepak en op dag vyf het hulle deur Modimolle en Mookgophong beweeg.
Die groep het die voorlaaste dag hulle hul opwagting in Mokopane gemaak en is deur Noordelike Nuus verwelkom. Hulle het die aand by Hoërskool Piet Potgieter se Elsie Maria koshuis oornag. Hulle laaste skof is op 10 Maart voortgesit waar hulle uiteindelik in Polokwane by die MMC geëindig het. 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube