-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE- Gillian Foster (45), die bestuurder van Bothania Hills Vakansieoord buite Mookgophong sterk in die Mokopane Hospitaal nadat sy Sondag in haar kantoor aangeval en vermoedelik met ‘h hamer oor die kop geslaan is.
Twee van die oord se werkernemers het haar bewustelose liggaam omstreeks 14:00 onder ‘n boom buite die kantoor aangetref toe hulle teruggekeer het werk toe om ‘n selfoon wat een vrou by die wassery vergeet het te kom haal. Hulle het die oord se eienaar, Lise Steijn dadelik in kennis gestel.
Steijn was uitstedig, maar het die polisie en ‘n ambulans telefonies ontbied en het ‘n buurman, Sampie Radley gevra om te gaan help. Met die polisie se aankoms het die ambulans vir Foster reeds na die Voortrekker hospitaal op Mokopane geneem.
Foster se toestand is Maandag as stabiel, maar onbevredigend beskryf. Sy is intussen na Mokopane hospitaal oorgeplaas en het ook haar bewussyn herwin.
Daar is intussen berig dat die polisie haar Fiat Uno, wat sedert die voorval weg is, teruggevind het en dat ‘n verdagte in hegtenis geneem is.
Polisie kon nie bevestig of dit die werker is wat sederd die aanval nog nie by die werk opgedaag het nie. Hulle kon ook nie sê of van die kontant wat uit Bothania Hills se kluis vermis word teruggevind is nie. Die polisie se ondersoek duur voort.
- LiN Media/Die Pos/Noordelike Nuus
0 Comments