<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Twee sterf in vliegongeluk

 
News : 18 Mar 2016 88 Viewed By NoordNuus reporter 0

LEPHALALE – Twee mans is Sondagaand oorlede nadat die girovliegtuig waarin hul gevlieg het vermoedelik teen ‘n kabel vasgevlieg het.
Volgens ooggetuies het Delon du Plessis (46), die vlieënier, en sy passasier, Ernst Steenekamp, laag oor die dam by Ashanti Lodge gevlieg toe hul geel giro-vliegtuig na bewering 'n kabel getref het. “Dit wil voorkom asof die vliegtuig daarna teen ‘n boom vasgevlieg het voordat dit neergestort het,” het adjudant offisier Frans Mokoena van die Lephalale polisie gesê.
Du Plessis en Steenekamp, wat albei werksaam was op die Medupi kragstasie, is op die toneel oorlede.
Dit is die tweede vliegongeluk van die soort binne ‘n jaar in hierdie omgewing. Verlede Mei is Wynand Snyders oo
rlede nadat sy mikroligte vliegtuig naby Abbotspoort buite Lephalale geval het
nadat dit glo ook ‘n laagliggende elektriese kabel getref het.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube