-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE – Die noodlot was aan Dantus Erasmus (29) se kant toe sy bakkie verlede Sondag met ‘n Fidelity Sekuriteit minibus gebots het en hy slegs geringe beserings opgedoen het.
Dantus sê hy kan min van die ongeluk onthou wat Sondagoggend vroeg plaasgevind het. “Ek was oppad werk toe by Medupi, maar toe ek by die sekuriteitshek kom het hul geweier om my te laat ingaan omdat die voertuig waarmee ek gery het nie die nodige magtiging gehad het om in te gaan nie.”
Hy het toe omgedraai en wou sy voertuig langs die pad parkeer en ‘n geleentheid met iemand anders kry om by sy werk op die Medupi perseel uit te kom. “Die volgende oom-
blik het ek net gehoor hoe iemand toeter blaas en toe die groot slag gevoel van die ander voertuig wat teen my bots.”
Dantus is na die Mediclinic in Onverwacht geneem waar hy behandel is vir geringe beserings aan sy regterarm, maar sy bakkie het groot skade opgedoen. Die minibus se
bestuurder is volgens Dantus glo ook in die Mediclinic opgeneem met 'n gebreekte been.
‘n Saak van roekelose en nalatige bestuur word deur die Lephalale polisie ondersoek.
0 Comments