-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE – ‘n Swartmamba van sowat 3m lank, het Sondag konsternasie veroorsaak toe dit vier katte gebyt en ‘n klein katjie ingesluk het by ‘n huis in Platkroonstraat.
“Dit is die grootste mamba wat ek nog binne die dorp gevang het,” het Henko Janse van Rensburg van Reptile Rescue gesê.
“Die slang het onder ‘n hoop sinkplate gaan lê en ek kon daarin slaag om dit met ‘n groot gespook te vang.”
Volgens Janse van Rensburg het die huiseienaar, waar die slang gevang is, na haar bure toe gehardloop toe sy die reuse swartmamba in haar tuin opmerk.
Hulle het toe Retile Rescue geskakel om te kom help.
Ongelukkig het slang-se-kind reeds een van die baba katjies gevang wat op die erf was.
“Ek wag nou net dat dit die katjie klaar verteer en dan gaan ek die slang kan wegstuur om teengif te laat maak,” het Janse van Rensburg gesê.
0 Comments