-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE – Kevin Clerk, wat op sewe aanklagte teregstaan rakende sy beweerde betrokkenheid by ’n tref-en-trap-voorval waarin André van den Bergh (29) in 2014 dood is, het Woensdag onskuldig gepleit in die Mokopane Landdroshof.
Clerk is in Junie 2014 in hegtenis geneem nadat hy Van den Bergh na bewering voor dié se huis raakgery het. Hy is sedert die voorval op borgtog uit en het Dinsdag onskuldig gepleit op onder meer strafbare manslag, dronk bestuur en bestuur sonder ’n rybewys.
Die saak het in 2014 opslae gemaak toe ’n reaksie bestuurder by SOS Sekuriteit gesê het dat hulle die aand van 7 Junie 2014 gesien het hoe ’n Isuzu dubbelkajuit bakkie vanuit Ruiterweg in Geysterstraat indraai en na bewering ’n voetganger (wat later as Van den Bergh geïdentifiseer is) raakgery het en weggejaag het. Die getuie het die bakkie agterna gesit en tot stilstand gedwing. Die beskuldigde is toe glo terug na die ongeluks-toneel geneem.
‘n Misdaadtoneel fotograaf was eerste in die getuiebank, gevolg deur ander getuies.
Die verhoor sal na verwagting op 17 en 18 Mei voortgesit word.
0 Comments