<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Huisbrake wek kommer in Lephalale

 
News : 02 Apr 2016 76 Viewed By Amanda Basson 0

LEPHALALE – Tydens die gemeenskaps-polisiëringsforum (GPF) vergadering vroeër die maand is gemeld dat  huisbrake in sekere dele van die dorp toegeneem het in vergelyking met verlede jaar se syfers.
Die strate wat die ergste deurgeloop het is Ellis- en Oberholzerstraat asook Eloffstraat in George Afgos in die onderdorp, sê GPF voorsitter, Thys Eloff.
Volgens Eloff is baie inwoners agtelosig omdat sommige van die goedere wat geneem word aan maatskappye behoort. “Dit wil voorkom asof mense nie die nodige voorsorgmaatreëls tref om hul goedere te beveilig nie omdat hulle weet dat die maatskappy versekering vir die goedere het en dit weer sal vervang.”
Eloff het ook inwoners gewaarsku om nie gereedskap wat as huisbraak
toerusting gebruik kan word buite te los nie.
“Dit het al gebeur dat misdadigers skroewedraaiers en ander soortgelyke gereedskap gebruik wat buite in ‘n perseel lê om toegang tot die woning te verkry,” het hy gesê.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube