<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Srixzone sit hand by vir DBV

 

LEPHALALE – ‘n Plaaslike werknemer het verlede Vrydag gewys waar haar hart sit toe sy namens haar werkgewer ‘n groot  donasie vir die dierebeskermingsvereniging (DBV) kon maak. Zene van der Merwe is ‘n ontvangsdame by Srixzone gimnasium en het ‘n sagte plekkie vir diere.

 

 

News : 11 Apr 2016 48 Viewed By Amanda Basson 0

LEPHALALE – ‘n Plaaslike werknemer het verlede Vrydag gewys waar haar hart sit toe sy namens haar werkgewer ‘n groot  donasie vir die dierebeskermingsvereniging (DBV) kon maak. Zene van der Merwe is ‘n ontvangsdame by Srixzone gimnasium en het ‘n sagte plekkie vir diere.

“Ons probeer om elke paar maande iets vir ons gemeenskap te doen en ek het voorgestel dat ons hierdie keer op die DBV moet fokus,”  sê Zene. Sy het ‘n fondsinsameling by Srixzone begin waar hul lede iets kon skenk vir die DBV.

“Matrix, Fort Asjas Kleuterskool en nog ‘n paar besighede het ook ingespring en gehelp met donasies,” het sy gespog toe sy die sakke kos, kombersies en ander goedjies by die DBV gaan aflaai het.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube