<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Ester Bosveld konferensie - 7 Mei

 
News : 13 Apr 2016 164 Viewed By Amanda Basson 0

LEPHALALE – “Ester is ‘n beweging wat tans oor die hele land plaasvind en die idee is om vrou in Suid Afrika op te roep tot ‘n lewe van waardigheid soos Ester in die Bybel.”
So sê Michelle Harding een van die organiseerders van die Ester Bosveld konferensie wat op 7 Mei by Unico Safaris net buite Lephalale gaan plaasvind. . “Ons is ‘n informele groep Christen vroue uit verskillende denominasies in Lephalale en wil mekaar motiveer om hande te vat en saam te werk aan ‘n beter land.”
“Ons wil deur hierdie konferensie vroue help om weer hul waardigheid te vind sodat hul eers hulself kan verander en daarna hul huisgesinne, gemeenskap en uiteindelik die land.”
Ds Elsa Meyer van Pretoria gaan die naweek aanbied wat R250 per persoon kos en ‘n middagete met verversings insluit. “Ons wil dan ook op Sondag 8 Mei ‘n erediens hou vir die gesinne van die vroue wat die konferensie bygewoon het.”
Michelle en die ander organiseerders hoop om genoeg kaartjies te verkoop sodat hul uit die wins wat gemaak word kaartjies kan skenk aan vroue wat nie kaartjies kan bekostig te koop nie. “Ons is ‘n informele groep Christen vroue uit verskillende denominasies in Lephalale en wil mekaar motiveer om hande te vat en saam te werk aan ‘n beter land.”
Vroue wat belangstel om die dag by te woon kan vir Lize kontak by 078 902 0872 of esterbosveld@gmail.com.
 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube