<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Tafelronde help met seun (8) se prostese

 
News : 14 Apr 2016 335 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Danksy ‘n spanpoging van Tafelronde Kameeldoring '92 tesame met die radiostasie Jacaranda se Good Morning Angels kan klein Leonardo du Toit (8) weer normaal oor die weg kom met ‘n splinternuwe prostese.
Leonardo is in Graad 1 in Laerskool Krugerpark en sy droom is om soos ‘n normale seuntjie te kan speel. Hy is met klompvoetjies gebore en sy een been moes op 6-jarige ouderdom geamputeer word toe sy toestand versleg het. Leonardo se ouers wou bitter graag hulle seuntjie help, maar het nie oor genoeg fondse beskik om vir hom ‘n prostese te kry nie. Sy pappa het ook sy werk verloor nadat die fabriek waarvoor hy gewerk het, hul deure gesluit het. Die gesin het wel daarin geslaag om R10 000 in te samel maar het nog R23 000 gekort om vir Leo se prostese te betaal. (Alhoewel Leo in 2014 ‘n prostese gehad het, het hy dit ontgroei).
Kobus Klopper van Tafelronde Kameeldoring 92 het die gesin geïdentifiseer en by Jacaranda se Good Morning Angels aangeklop op hulp. Leonardo se droom word binnekort verwesenlik na die radiostasie se oproep aan sy mamma, Naomi, op 30 Maart waartydens die program ook op die lug uitgesaai is. Tafelronde se Christo Bezuidenhout het ingetree as die seuntjie se “engel” en onderneem om die balans van die prostese te betaal.
Na Leo se eerste “Blou Bul” prostese is sy begeerte om dié keer ‘n “Springbok” been te hê.
Hierdie energieke seuntjie se ma sê haar kind kan nie wag om op die rugbyveld uit te draf nie.
Tafelronde Suid Afrika is ‘n nie-politiese organisasie bestaande uit jong manne tussen 18 en 40 jaar van byna elke beroep. Hulle streef om die gemeenskappe waarin hulle beweeg te dien.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube