<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Rekord wild veiling vir CVO Skool

 
News : 14 Apr 2016 86 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Die Potgietersrus CVO Skool in samewerking met Vleissentraal Bosveld se jaarlikse wildveiling as fondsinsamelings inisiatief vir die skool is verlede Vrydag vir die tweede jaar suksesvol aangebied.
Hierdie veiling is kenmerkend aan die bosveld atmosfeer wat geskep word met stapel vure, biltong en braaivleis as verversings en industrie verwante uitstallers.
Sowat 250 kopers het by die CVO Skool byeengekom en gesellig verkeer terwyl 30 lotte met 430 stuks eksotiese en gewone wildsoorte onder die hamer gekom het.
Jong Njala ooie het verkoop vir R26 000 stuk terwyl ‘n Njala bul met ‘n horinglengte van 29”, van Marzyl Boerdery (Edms) Bpk, ‘n allemintige R 90 000 behaal het.
Die hoogste prys bereik op die veiling was vir ‘n Goue Wildebees, ook van Marzyl Boerdery, gekoop deur WJ Kruger Boerdery vir R500 000.
Ander opmerkende verkope op die veiling was ‘n Rietbok ram met ‘n horinglengte van 14” wat verkoop het vir R32 000, asook dragtige Zambiese Swartwitpens kruis-verse wat verkoop is teen R220 000 stuk. Die totale omset van die veiling was R6,36-miljoen.
Niel Swart van Vleisentraal Bosveld wat die veiling behartig het, het bevestig dat die veilingspryse beter is as die afgelope paar bosveld wildveilings.
Die CVO skool het hulle dank uitgespreek teenoor Vleissentraal Bosveld, kopers en gas verkopers en alle ander betrokke partye wat hierdie spog geleentheid help moontlik maak het. 
Aanstaande jaar se wildveiling datum is reeds bevestig vir 11 Maart 2017.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube