<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

“Gee reg” sê Helpende Hand

 

Eulogia de Wet van Solidariteit Helpende Hand in Mokopane doen haarself voor as ’n bedelaar om motoriste daarvan bewus te maak dat die geld wat hulle gee, in meeste gevalle gebruik word om  bedelaars van hul slegte gewoontes en of verslawings te onderhou.

News : 21 Apr 2016 227 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE - Lees maar mooi wat op die karton bord van ’n bedelaar op jou naaste hoek staan as jy weer wil geld gee, dit mag dalk ’n vrywilliger of personeellid van Solidariteit Helpende Hand wees wat jou daarop wil wys dat jy dalk onnadenkend gee.

Só het lede en rolspelers van Solidariteit se Helpende Hand tak in Mokopane van Maandag tot Woensdag as deel van die #GeeReg-veldtog aan motoriste gedemonstreer. Hulle het hulself as bedelaars voorgedoen met borde om hulle nekke waarop slagspreuke geskryf staan om motoriste bewus te maak dat hulle geld dikwels meer kwaad as goed doen.

Dié veldtog is ‘n landswye veldtog waarby Solidariteit Helpende Hand takke regoor die land poog om mense daarvan bewus te maak dat die geld wat aan bedelaars gegee word, in meeste gevalle gebruik word om  hulle van hul slegte gewoontes en of verslawings te onderhou.

Slagspreuke op die borde wat in die veldtog gebruik is het onder meer soos volg gelui: “Jou geld hou my al agt jaar op straat” / “Your money keeps me begging”; “Jou bydrae onderhou my dwelm gewoontes” / “Your money feeds my drug use”; “My volgende dop is op jou” /  “My next drink is on you.”

Video’s oor die veldtog is op YouTube te sien.

Helpende Hand moedig mense aan om eerder aan organisasies soos die Noodforum geld te skenk sodat die behoeftiges op beter wyse gehelp kan word. Kospakkies kan oor eerder aan bedelaars gegee word in plaas van geld.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube