-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE – Wanneer dit by slange kom, het Pieter Swanepoel g'n bang haar op sy kop nie. Só het dié slangvanger alweer ’n ongewenste gas, die keer ‘n 2,1m swartmamba, verwyder en hervestig. Swanepoel is 'n bekende in die dorp en vra geen fooi om slange te vang nie. “Moet my asseblief net nie bel en vra om ’n slang te verwyder of te identifiseer as hy reeds doodgemaak is nie,” vra hy. Die eienaars van ’n gastehuis op Maribashoek het verlede Maandag op Pieter se knoppie gedruk om 'n swartmamba in ’n boom by hulle gastehuis te vang. Johan Dicks van Scope Sekuriteit het eerste hand bygesit en met behulp van ’n spesiale tang die mamba uitgehaal. Pieter het daarna by hom aangesluit om die gevreesde spesie vas te keer.
Die slang van sowat twee jaar is op die berg by die wildteëlsentrum vrygelaat. Lesers wat ’n slang wil laat verwyder kan vir Pieter kontak by 082 336 6200. - Martie Le Grange
0 Comments