<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Nuwe provinsiale kantore vir VF Plus

 
News : 06 May 2016 310 Viewed By Martie Le Grange 0

LIMPOPO – Die VF Plus het Dinsdagmiddag hulle nuwe provinsiale kantoor in Mokopane bekendgestel. Marcelle Maritz, VF Plus se hoof organiseerder in Limpopo en VF Plus kandidate het besoekers by hulle bekendstelling verwelkom terwyl daar ’n eet- en drinkdingetjie in die hand gestop is. Van die plaaslike sakelui het ook gaan inloer by die nuwe tuiste. Sakke vol klerasie skenkings wat vir armblankes ingesamel is by die kantoor in ’n groot hoeveelheid afgelaai het Maritz gesê en haar dank uitgespreek teenoor die gemeenskap, sowel as die AP Kerk vir dié skenkings. Sy het Die Bakhuis bedank vir die
verversings wat beskikbaar gestel is vir die bekendstelling. Maritz nooi alle VF Plus lede, belangstellendes en die gemeenskap om hulle te besoek by 99 Thabo Mbeki Rylaan.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube