-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE – ’n Welbekende inwoner van die dorp is Saterdag in ’n motorongeluk oorlede en sy vrou ernstig beseer op pad terug van ’n heerlike oggend piekniek by Moorddrift net buite die dorp.
Die wit bakkie waarin Tienie en Marietjie Blount - albei in hul sewentigs - gery het, was in ’n botsing met 'n minibus betrokke.
Tienie is op die toneel oorlede, terwyl Marietjie na die Medikliniek Hospitaal in Polokwane vervoer is waar sy in intensiewe sorg is en behandel word vir onder meer gebreekte ribbes.
Drie insittendes van die taxi is ook beseer, maar is intussen ontslaan nadat hulle vir geringe beserings behandel is.
Volgens die egpaar se seun, Stanley Blount, het sy ouers oor die jare gereeld die wild en natuurskoon gaan geniet by die Moorddrift net buite die dorp en dan sommer ook ’n fles koffie en ’n piekniekmandjie gepak.
Noordelike Nuus betuig ons innige meegevoel aan Marietjie asook die egpaar se familie en vriende.
0 Comments