-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE - ‘n Gru-ongeluk op die N1 naby die Nyl Plaza tolhek buite Mokopane het verlede Sondag nege mense se lewens geëis.
Sewe van die slagoffers was studente van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits). Die minibus waarin sowat 16 mense gereis het, het blykbaar omgeslaan en aan die brand geslaan na dit glo teen ‘n waentjie op die snelweg gebots het. Die oorledenes het onherkenbaar verkool, het verkeersowerhede berig. Nog ses studente is in die Mokopane Hospitaal in ’n bestendige toestand. Bestuurslede van Wits het in ’n mediaverkla-ring gesê van die studente is oorgeplaas na Gauteng vir spesialis behandeling.
Die studente het van ‘n kerkdiens by die Zionist Christian Church af teruggekeer toe die ongeluk plaasgevind het.
Daar was altesaam 39 padsterftes in die provinsie oor die afgelope langnaweek, het die departement van vervoer in ‘n mediaverklaring bevestig.
0 Comments