<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Vele hande, ligte werk vir speelgoed projek

 
News : 06 May 2016 162 Viewed By Amanda Basson 0
LEPHALALE – Die vrouens van Yeshua’s Pride 777, ‘n nie-winsgewende organisasie, is besig om popklere en houttrekkers te maak vir minderbevoorregte kindertjies in afgeleë gebiede.
“Ons doel is om vyf afgeleë skole te besoek en aan die kinders Barbiepoppe of trekkers te gee om sodoende te help om die kinders op te beur," sê Anet van der Merwe die dryfveer agter die projek.
Daar is tans 13 vrywilligers van Gordonsbaai, Jeffreysbaai, Pretoria, Lephalale en Botswana wat klere en beddegoed vir die poppe te maak. “Ons het ook nege vrywilligers wat help om geskenkpakkies reg te kry wat bestaan uit beddegoed, kussings, ’n pop en tien stelle klere.”
Vir die seuntjies is die groep besig om houttrekkers met sleepwaentjies bymekaar te maak. Die eerste uitreiknaweek sal op 5 Augustus in Botswana plaasvind. “Die dorp wat ons gaan besoek is so 30km van Francistown af en ons gaan ‘n dag daar kuier en konsert hou, prente uit deel en kosmaak.”
Volgens Anet benodig hulle sowat 250 poppe met 2 500 stelle klere en 250 trekkers wat elkeen 'n waentjie moet hê. "Dis nie 'n maklike taak nie en ons het altyd plek vir nog 'n paar gewillige hande as daar iemand is wat betrokke wil raak."
Yeshua’s Pride 777 gaan 70 kospakkies saam vat wanneer hulle Botswana besoek. “Ons benodig nie-bederfbare kosse soos koffie, suiker, poeiermelk, stampmielies, bone en dies meer.”
Anet en haar span gaan ook nog kampe vir minderbevoorregte kinders hou.
As daar iemand is wat betrokke wil raak by die projek kan hulle vir Anet kontak by die PPK Lighuis gemeente in Onverwacht.
 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube