<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Inwoners neem aksie

 
News : 27 May 2016 174 Viewed By Helena Raats 0

MOKOPANE – “Ons het tans nie ‘n munisipaliteit nie,” het die Mokopane Besigheidskamer se Andy Goetch aan bekommerde inwoners gesê tydens 'n spesiale vergadering by Laerskool Krugerpark verlede week.
Die Besigheidskamer het ‘n vergadering belê en alle inwoners genooi om te kom help oplossings vind vir die situasie in die dorp. “Die munisipaliteit se werkers staak kort-kort en ons het geen waarborg dat sake binnekort opgelos sal word nie,” het hy gesê. “Dit help nie ons sit net en kla nie, ons moet betrokke raak.”
Goetch het gesê dat ons as inwoners self skouer aan die wiel moet sit en aksie neem. Hy het gesê dat verskeie groepe en individue die afgelope tyd hard werk teen eie koste om riool-, water- en elektriese probleme asook vullisverwydering uit te sorteer.
Die Besigheidskamer het aangebied om hul bankrekening beskikbaar te stel en vra dat elke inwoner oorweeg om dalk ‘n klein donasie te maak om hierdie mense te ondersteun. “Indien die situasie gou opgelos word sal die geld steeds aangewend word om die dorp te verbeter,” het hy verduidelik.
Inwoners het gedreig om hul dienstegelde terug te hou, maar Piet de Bruyn, ook van die Besigheidskamer en B&D Boekhouers, het verduidelik dat dit nie moontlik is om dit te doen sonder gevolge nie. “Jy blyverantwoordelik vir die skuld,” het hy gesê.
Raadslid Korny Dekker het die vergade-ring toegespreek en gesê dat ’n nuwe munisipale bestuurder, Patricia Nake, op 19 Mei aangestel is. Hy sê dat hy hoopvol is dat sy die situasie sal kan beredder.
Intussen het Percy Nketsi, verteenwoordiger vir die werkers, aan Noordelike Nuus gesê dat hulle Woensdag met die bestuur vergader in Polokwane. Hy het gesê dat hy hoop dat ‘n langtermyn oplossing gevind sal word vir die salariskwessie (die werkers wil ‘n opgradering in hul salarisskaal hê).
Goetch het die vergadering afgesluit deur te sê: “Ek dink dit is tyd om van die uitgangs-punt te gaan: “as jy nie wil help nie, moet dan nie kla nie.”
"Daar is besighede en instansies wat alreeds die “Adopt-a-Spot” projek ondersteun deur eienaarskap van plekke te neem. As mens kyk na die sirkel in Pretorius straat en die h/v Thabo Mbeki en Geyser kan jy sien wat gedoen kan word. Ons is dankbaar vir hierdie mense en vra dat ander instansies en besighede ook deelneem aan die projekte."
Indien u of u besigheid kan help, stuur ‘n epos na: mokopane.bti@mweb.co.za met die volgende inligting: Naam en van, u telefoonnommer, waarmee u moontlik kan help en en watter area u van hulp kan wees.
Die Besigheidskamer se bankbesonderhede is (gebruik die verwysing “Dorp” sodat die fondse geallokeer kan word):
Mokopane Besigheidskamer.
Standard Bank (Mokopane).
Rek. nr: 201984946.
Takkode 052648.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube