<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Wees versigtig vir breinvliesontsteking

 
News : 02 Jun 2016 3887 Viewed By Amanda Basson 0

LEPHALALE – Die dorp is in rou gedompel na die skokdood van ‘n 12-jarige laerskool leerder wat met breinvliesontsteking gediagnoseer is en Dinsdag gesterf het.
Alle klasmaats en kinders wat kontak met die seun gehad het is reeds vir mediese behandeling geneem. "Die department van gesondheid het medikasie aan al sy maatjies gegee en ons het ook die ouers van ons ander leerders aangemoedig om bewus te wees van die siekte sonder om paniek te saai," het 'n bron gesê.
Volgens Wikipedia is breinvliesontsteking (meningitis) die ontsteking van die lagies weefsel wat om die brein en ruggraat voorkom. Daar is twee soorte: virale en bakteriologiese breinvliesontsteking.
Bakteriologiese-breinvliesontsteking is lewensgevaarlik as dit nie vinnig behandel word nie. Dit is aansteeklik en word oorgedra  deur liggaamsvloeistowwe van iemand wat reeds die siekte het in aanraking gekom het (soos deur ‘n siek persoon te soen, eetgerei te deel of wanneer hulle nies of hoes). Akute bakteriële meningitis ontwikkel wanneer bakterieë die bloedstroom binnedring en migreer na die brein en rugmurg. ‘n Oorinfeksie, sinus-infeksie of kopbeen fraktuur kan meebring dat bakterieë die meninges direk binnedring en meningitis veroorsaak. Simptome sluit in naarheid en braking, erge hoofpyn en hoë koors, stywe nek, ligsensitiwiteit van die oë, slaperigheid, lighoofdigheid en verwarring, 'n uitslag op die liggaam en stuiptrekkings (alhoewel nie alle simptome noodwendig gelyktydig by elke pasiënt voorkom nie).
Weens die gevaar wat die siekte inhou is dit uiters belangrik om dadelik mediese hulp te kry. Hoe vroeër die siekte geïdentifiseer word hoe beter is die kans op herstel.
Virale meningitis is in die meeste gevalle nie lewensgevaarlik nie. Dit is nie aansteeklik nie en kan nie oorgedra word deur een persoon na ‘n ander nie. Aanvanklike tekens en simptome stem ooreen met griepsimptome.
Sommige vorme van meningitis kan voorkom word deur immunisering wat dit belangrik maak dat ouers hul kinders vir al hul immuniserings neem. Bron: Wikipedia.

 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube