<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Vroeggebore baba lyfie veg voort

 
News : 21 Jun 2016 590 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Die vroeggebore babadogtertjie van Amelia en Shaun Visser wat in die Mokopane Hospitaal behandel word vir hialien membraansiekte gaan dalk binnekort op haar eie kan asemhaal.
Shanika Visser is op 31 Mei op 25 weke in die Ellisras Hospitaal gebore en na die Mokopane Hospitaal oorgeplaas waar sy behandel word vir ’n toestand wat die suurstof gebruik van vroeggebore babas aantas (Noordelike Nuus, “Vroeggebore baba se dapper stryd”, bladsy 1, 10 Junie).  Haar mamma, Amelia Visser, het die week laat weet dat dit lyk of die dokters vir Shanika van die suurstof masjien wil afhaal omdat sy heel moontlik daarsonder kan klaarkom.
Haar gewig het van 1.4kg na 1.12kg afgeneem maar volgens dokters, sê Amelia, is dit normaal. Sy versoek steeds almal se gebede en sê terselfdertyd ook dankie vir die wat reeds vir hulle gebid en hulle ondersteun het.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube