MOKOPANE – Die Mokopane Besigheidskamer is van plan om die dorp se spogstatus te herstel deur die oorblywende fondse van die “Mokopane in Krisis” projek aan te wend om speelparke op te knap.
Die projek is geloods om vuilis te verwyder wat opgegaar het tydens munisipale stakings. Daar besluit om die projek se oorblywende fondse aan die dorp te bestee. “Vier parke gaan hierby baat,” het Andy Goetsch, Mokopane Besigheidskamer president gesê.
Die Besigheidskamer doen verder ’n beroep op die gemeenskap vir verf skenkings om die swaaie en so meer in die parke mee op te knap. Die huidige fondse is nie genoeg hiervoor nie. “Die verf hoef nie spesiaal aangekoop te word nie. Blikke verf wat rondstaan sal welkom wees.”
Lesers wat bereid is om te help kan die Besigheidskamer gedurende 08:00-13:00 skakel by 015 491 8458.
0 Comments