<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Tronk toe vir 14 jaar

 

Boiki Motaung wat in Maart die oordbestuurder van ’n vakansieoord buite Mookgophong met ’n hamer aangerand en haar motor gesteel het, is verlede week altesaam 14 jaar tronkstraf opgelê.

News : 24 Jun 2016 1126 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE - Die 25-jarige beskuldigde wat in Maart die oordbestuurder van ’n vakansieoord buite Mookgophong met ’n hamer aangerand en haar motor gesteel het, is verlede week altesaam 14 jaar tronkstraf opgelê.  Motaung is deur regter Gerhard Pretorius in die Mokopane streekhof gevonnis.

Boiki Motaung, ‘n werknemer van die Bothania Hills vakansie oord het na ‘n klaarblyklike geskil met Gillian Foster, die bestuurder van dieselfde oord, getakel en met haar Fiat Palio weggery. Foster het ernstige kopbeserings opgedoen en het in die Mokopane Hospitaal beland. Motaung is later in Heidelberg in hegtenis geneem en Foster se voertuig is ook by sy woning gevind.

Foster is van die Mokopane Hospitaal na die Unitas Hospitaal in Pretoria oorgeplaas waar sy gespesialiseerde behandeling ontvang het.

Motaung is 8 jaar tronkstraf opgelê vir poging tot moord en ’n verdere 6 jaar vir diefstal van motorvoertuig en kontant. Sy vonnis sal uitgedien word sonder die keuse van parool.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube