<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Kom sit bietjie handjie by, toe?

 
News : 04 Jul 2016 443 Viewed By Helena Raats 0

MOKOPANE – Lede van die Destiny Alive kerk het besluit om saam te werk om vir die kinders van die Mokopane Laerskool ‘n veiliger omgewing te skep. Drie van die skool se kinders is al raak gery in Hooge- en Geysterstraat waar hulle in die middae wag vir ouers en taxi’s om hul huis toe te neem.
Die kerkgroep het onder die Mogalakwena Munisipaliteit se ‘Adopt-a-spot’ program besluit om die hele blok vanaf Thabo Mbeki straat, oorkant Hoërskool Piet Potgieter, tot by Hoogestraat hul projek te maak. Volgens pastore Thomas en Minda Marshall is die plan om ‘n groot park en speelarea te skep waarop die dorp kan trots wees. ‘n Spesiale bord is reeds opgesit naby die Baobab boom wat vroeër die jaar geplant is wat lees: ‘Mokopane – plek waar mense bymekaarkom.’
Destiny Alive het die publiek gevra om hul ou klimrame en speelapparaat te skenk asook ou motorbande wat sal gebruik word om die speelparkie te bou.
“Baie dankie aan Jaco en Reinette Visagie wat hierdie week ‘n hout klimraam geskenk het vir die projek,” het Charmaine O’Kennedy van Destiny Alive aan Noordelike Nuus gesê. “Saam met die ander skenkings gaan ons vir die kinders ‘n spesiale plek bou.”
In Junie het Destiny Alive, saam met ander vrywilligers, ‘n kunsmatige rots gebou met die oorskiet rommel nadat ‘n leë swembad afgebreek en opgevul is  en vroeër hierdie week is begin met ‘n heining om die kinders veilig en uit die straat te hou.”
Destiny Alive nooi almal, oud en jonk, om betrokke te raak en te kom hand bysit wanneer hulle begin om die area skoon te maak en met die speelpark se bou begin. Vir verdere inligting kan Charmaine geskakel word by 076 872 1324.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube