<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Piepklein en perfek...

 

Die piepklein Mar-Leoné net nadat sy gebore is. Een van die verpleegpersoneel het haar hand oor die baba gehou om te wys hoe klein sy was.

News : 04 Jul 2016 1124 Viewed By Amanda Basson 0

LEPHALALE – Klein Mar-Leoné Illingworth is verlede maand in die Lephalale Medi Clinic op 32 weke gebore en het minder as ‘n pak suiker geweeg. Sy sterk goed by die huis aan na amper ‘n maand in die hospitaal.
“Ek het die oggend van 23 Junie wakker geword en verskriklik naar gevoel,” vertel Monique Davies, Mar-Leoné se mamma. Monique en Mar-Leoné se pa, Leander Illingworth, het twee dae later na die Medi Clinic gegaan toe Monique se water gebreek het. “Met my aankoms het die dokter toetse gedoen en gevind dat ek reeds begin kraam het -  hulle moes  ‘n noodkeiser doen.”
Mar-Leoné het ‘n piepklein 1,67kg geweeg toe sy gebore is. “Omdat die Medi Clinic nie oor ‘n neonatale eenheid beskik nie is my dogtertjie oorgeplaas na Pretoria, maar toe die ambulans halfpad daarheen is het hulle besluit om ‘n helikopter te ontbied om haar verder te vervoer.”
Monique en Leander het die volgende dag deur gery om by hul babatjie te wees. “Die dokter het my vroeg uit die hospitaal ont-slaan omdat dit vir my so belangrik was om by my kind te wees.”
Dit was ‘n groot skok om hul babatjie die eerste keer in die hoësorgeenheid van die Kloof hospitaal in Pretoria te sien. “My kind was aan ‘n klomp masjiene gekoppel en daar was pypies in haar kop en neusie om vir haar suurstof en medikasie te gee.”
Die klein pienkvoet het egter almal verbaas met haar veggees en het, ten spyte van ‘n paar terugslae soos toe sy geelsug opgedoen het, vinnig gewig opgetel. “Sy weeg nou al 2,4 kg en word elke dag ‘n bietjie sterker,” spog haar mamma.
Mar-Leoné is uiteindelik veilig by haar huis in Lephalale waar sy behoorlik bederf word deur haar familie en vriende. “Ons wil net graag vir Dr Hester Stander, die personeel by Lephalale Medi Clinic, Dr. French by Kloof hospitaal, Martie Illingworth, Tony dos Santos, Leon Illingworth, Leoné Illingworth, Anke Hernandez, Pastoor Ockert Coleske en ook almal van ER 24 ambulansdienste baie dankie sê vir al hul hulp en bystand die laaste tyd.”
“Hierdie mense het ‘n baie moeilike tyd vir ons so ‘n bietjie makliker gemaak deur hul teenwoordigheid.”

 

 

 
 

Mar-Leoné saam met haar ma, Monique Davies, en pa, Leander Illingworth.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube