<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

HPG trek huisbrekers vas

 
News : 11 Jul 2016 191 Viewed By NoordNuus reporter 0

LEPHALALE – Die ouens van Heritage Protection Group (HPG) rus nie op hul louere nie en het verlede week weer twee verdagtes in Lephalale vasgetrek wat vermoedelik betrokke is by huisbrake in Lephalale en Thabazimbi.
Die twee Zimbabwiese burgers was vermoedelik betrokke by 'n huisroof in Thabazimbi vroeër hierdie jaar waartydens ‘n polisieman by sy huis aangehou en beroof is. Die HPG-span het spore vanaf die toneel gevolg en die geroofde vuurwapens teruggekry waar dit in die bosse versteek is, maar die skuldiges het hul reeds uit die voete gemaak.
Volgens Elmari Silvestri, ‘n woordvoerder van HPG, is die verdagtes verlede week in Lephalale aangekeer waar hul verbind word met nog huisbraak sake.
HPG is ‘n private instansie wat op geldelike donasies van die publiek en besighede staatmaak vir hul voortbestaan, indien enigiemand ‘n donasie wil maak is hul welkom om met HPG in verbinding te tree by info@heritageprotectiongroup.co.za.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube